2019. Wanneer ek terugdink oor my lewe, is ek bewus dat so ver ek kan onthou, die Here nog altyd met my bemoeienis gemaak het. Ten spyte van louerigheid vanaf my kant, het die Here my nog nooit in die steek gelaat nie. Soos ek ouer geword het, het ek al hoe meer ontdek hoe groot is God en hoe wonderbaar Hy werklik is. My heel eerste gedig het uit die bloute in my gedagtes ontstaan en vandaar het ek telkens verstom gestaan oor die gedagtes, spesifiek oor die Here, wat by my ontstaan het:
​
DRYFVEER
Van kleintyd reeds
tot vandag toe steeds
nader die Here tot my
sodat ek beter insig kry.
Dikwels het Hy van my
ʼn koue skouer gekry
die Here altyd getrou
die verhouding bly bou.
Met stomheid geslaan
Hom nooit sal verstaan
tog toenemend bewus
dat Hy altyd en alles is.
My vol gemoed loop oor
die wêreld moet dit hoor
dis wat my telkens dryf
om oor HULLE te skryf.
f.
​