top of page

In Luk18:9 - 14 word die gelykenis van die Fariseer se gebed versus die van die Tollenaar vertel.  Ons identifiseer baie makliker met die Tollenaar as met die vroom Fariseer want ons beskou onsself darem nie so skynheilig nie.  Miskien is ons "nederigheid" so 'n bietjie misplaas.  Om werklik waar nederig te wees, kan ons onsself nooit meer as enige iemand anders ag nie.  Ons doen dit makliker as wat ons dink en baie is baie uitgesproke daaroor.  Dit laat 'n mens dink.

​

                 FARISEëRGEBED!

​

Die Fariseër, vol eiewaan

het trots voor God gestaan:

“Met dank is ek daarvan bewus

dat ek beter as die tollenaar is.

Welverdiend, want ek is toegewy

en nie lae gespuis soos hy.”

 

ʼn Man, vol van eie ek,

hovaardig voor God met ʼn stywe nek:

“Met dank is ek daarvan bewus

dat ek man en nie ʼn vroumens is.

Geskep as krag en heerskappy

is ek nie minderwaardig soos sy.”

 

ʼn Christen, maar dalk net in naam

nederig, soos dit ʼn goeie mens betaam:

“Met dank is ek daarvan bewus

dat ek nie van die heidendom is.

Sondae is ek godsdienstig in die kerk

maar los my uit, tuis en by die werk.”

 

Lid van ʼn uitverkore ras, in eie oog,

nader tot God met ydellike betoog:

“Met dank is ek daarvan bewus

dat ek stammeling van heersers is.

My voorsate se bloed is adellik en blou,

Kain’s kinders word as minderes beskou.”

 

Ek, Fariseër, van alle “eie ek” gestroop

staan leeg voor Jesus, my enigste Hoop:

“Met dank is ek daarvan bewus

dat die Gees my oortuig dat ek sondig is”.

Soos die Tollenaar buig ek smekend neer:

Wees my tog genadig, Reddende Heer!”

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page