top of page

1994.  Op my daaglikse reis van Pretoria na Endicott waar ek werk beleef ek ook alle soorte klimaat.  Dis platteland en my daaglikse reis vat my tussen plase deur.  As landboukundige is ek dalk meer bewus van die weer as die gemiddelde man op straat.  Reën bly daarom iets besonders:

 

                        EERSTE REëN

 

Uit die vaalwit wolke

stort miljoene druppels reën.

Deinserig grys

is die landskap omheen

terwyl dit reën en reën en reën.

 

Die omgeploegde landerye

nou stofloos,

kluitloos en nat

verraai nie die hoeveelheid water

in die aarde in gedrenk,

maar langs die pad

en in die vleie getuig

die strome en poele water blink

die oorvloed van God se geskenk.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page