'n Kollega van my het jare gelede aan longkanker gely en het toe uiteindelik daaraan gesterf. Hy het eendag die emgelse weergawe van die onderstaande teks aan my gegee met die versoek om dit te vertaal. Die gedig is daarop gefokus om 'n siek, sterwende gelowige persoon te bemoedig. Siekte maak 'n mens moedeloos en natuurlik sal daar altyd 'n angstigheid wees om gesond te word. Ek dink nie enige mens wil graag doodgaan nie en die fisiese siekte gaan ook jy geestestoestand beinvloed.
EK WIL JOU GENEES
Laat jou siekte 'n mindere rol speel
as jy jou omstandighede met vriende deel
want so breek jy die siekte se krag
al is jou liggaam vasgeknel in sy mag.
Siekwees moet jy uit jou gedagtes ban
en dink eerder aan My, die Geneser wat kan
en wil genees, sodat jy volmaak
ewig my teenwoordigheid kan smaak.
Getroue dissipels trap dikwels in die strik
en soek net genesing vir die fisiese druk
wat die liggaam aantas en laat ly
en vergeet dat Ek volkome wil bevry.
As jy vra om net jou liggaam te genees,
bewys dat jy die belangrikheid vergeet van jou gees.
Jou wese is dus vasgevang in die lewe van nou
maar wat sal die ewigheid vir jou inhou?
Vra daarom eerstens vir genesing van jou gees,
tweedens dat jou gedagtes vernuwe sal wees.
Dink laastens aan jou liggaam se belangrikheid
en dan sal jy ervaar My Heerlike teenwoordigheid.
(Vertaling uit : The art of Real Happiness ,
Cedar Book by Norman Vincent Peale and Smiley Blanton)