top of page

By menige personeelopleidingsessies word gepropageer dat iemand wat na 'n half leeg bottel verwys, pessismisties is.  Die optimis sien altyd 'n half vol bottel raak, maar is dit waar? 

​

                 HALF: LEEG OF VOL

 

ʼn Vraag om lewensuitkyk te oorweeg

is ʼn bottel half vol of is ʼn bottel half leeg

half vol beskou, dui glo positiwiteit aan

half leeg dui weer aards-pessimisme aan.

 

Dié bewese sielkunde word te gou toegepas

vra eers wat die bottel se status voorheen was

want mense is al verkeerdelik gediagnoseer

dié sienswyse moet jy wetenskaplik takseer.

 

Half vol dui, was eers vol tot bo by die prop

dan benut tot waar dit nou in die middel stop

die inhoud word dus minder, besig om te daal

dis baie moeilik om iets positiefs daaruit te haal.

 

Half leeg is van die bodem op boontoe gevul

dus surplus, met die inhoud aanvanklik nul

bokant leë ruimte om die inhoud verder te vul

telbord wys positief een met negatiwiteit nul.

 

Sielkundiges dog hulle het die waarheid beet

eintlik het hulle die kat by sy stertwortel beet

die half vol bottel se vooruitsigte lyk maar leeg

die half leë bottel se toekoms een van volle vreug.

                                                                               

                                                                                                                                                                                                                                      

 

                                  

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page