top of page

Waarom is 'n baie belangrike deel van my woordeskat, veral as dinge nie verloop soos ek graag wil hê dit moet nie.  So asof ek altyd voorkeurbehandeling moet verkry vir een of ander onverklaarbare rede.  'n Goeie, niksseggende antwoord sou wees: Sommer!  Die slegte daarvan is ook dat ons by die geringste afwyking van voorspoed, summier op ons perdjies spring.  As ons maklik sê alles is maar net genade, glo ons dit werklik want om dit te lewe is maar moeilik.

 

                             WAAROM

 

"Waarom ek?" roep ek verbitterd tot God

as ongeluk deel word van my lewenslot.

Tref nadeel my gesondheid, geluk of eiendom -

uit my binneste skeur die kreet: "WAAROM!"

 

"Waarom?" bevraagteken ek vroom die Heer

as teëspoed my goeie buurman verteer .

Waarom word die edeles met ongeluk getref,

word skuim oënskynlik van onheil onthef?

 

Waarom Christen is jy nie altyd konsekwent?

Waarom nie meer gereeld jou tot die Here wend

met"waarom Heer word ek so genadig bejeën

elke dag as U my met oorvloed seën?"

 

Waarom laat ons na om die groot waarom te vra:

"Here, waarom het U ook vir my die skuld gedra?

Waarom mag ék nader tot U in die Heiligdom?

Waarom het U my so lief, O Heer, waarom? "

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page