top of page
Salomo moedig ons aan in Spreuke om wysheid te bekom. Wysheid is nie geleerdheid of slimmigheid nie. Wysheid is insig. Daar is 'n pragtige vers in Psalm 33: 16 - 19 en ook in Jeremia 33: 16 - 19 wat sê die wyse mens roem dat hy insig het en God ken.
WYSHEID
Wysheid word nie
bedink of beredeneer-
Die oorsprong en bron
is God Drie - enig Heer.
Soos Dawid van ouds
moet ons biddend smeek:
"Here, laat my hart
van harde graniet
stukkend breek
en gee my 'n hart
van vlees
wat 'n woning is
vir die Heilige Gees!"
bottom of page