top of page

2016. 'n Jaar wat vir vir my uit 'n persoonlike oogpunt baie uitdagend was.   Tog ook 'n jaar waarin ek net baie bewus geword het van wie God is.  Ons kan God nie sien maar die skepping is die handskrif van God en daardeur kry ons 'n kykie van Sy wese en Sy karakter. In die grootte Heelal het die Drie-enige God 'n uitsonderlike planeet geskep: "Die Aarde" wat van alle ander hemelliggame verskil omdat daar "lewe" is en die kroon van daardie lewe is die mens. 

​

                 GOD WAT ONS AANBID

 

Oneindig nks, tydloos onverstoord

en dan deur en vir die Woord:

alles begin.

Miljarde jare se geskiedenis ontvou,

ʼn kosmos van sterrestelsels word gebou,

midde in is die aarde.

ʼn Planeet eens woes en leeg gewees,

maar oor die waters sweef die Gees:

toe kom daar lewe.

 

Organismes onsienlik klein krioel

in die grond, word vrugbaar ingewoel

en plantegroei floreer.

Visse in die waters, voëls in vlug daarbo

en diereverskeidenheid op berge en op plato

en kroon van die skepping: die mens.

Die Skeppergod is gehul in geheimsinnigheid

maar Sy handewerk getuig van mag en majesteit.

Vader, ons eer U!  
 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page