top of page

Wat vir my altyd ongelooflik oor hiedie verhaal  bly, is die feit dat Petrus waarskynlik wel op die water geloop het, al was dit net een enkele tree.  'n Aanduiding van wat Jesus se teenwoordigheid in ons lewens doen.  Ongelukkig laat ons geloof ons meermale in die steek want ons vertrou nie die Here onvoorwaardelik nie.

 

                    DIE OOG OP JESUS

 

Here Jesus, U het op die see gestap.

Petrus het in geloof na U gekyk

en oor die boot  se rand na U begin stap.

Met sy oë wat nie 'n duimbreed wyk

was die water soos 'n voetpaadjie uit rots gekap.

 

Petrus het 'n wonderbaarlike tree gegee

en toe met selfvertroue sy oë laat dwaal.

Skielik het hy besef hy stap op die see

en angs het skielik sy geloof laat faal.

"Here help! Ek gaan verdrink in die see!"

 

"Here, net so bid ons een oomblik  om krag

om daarna dinge met eie sienswyse te reël.

In 'n onbewaakte oomblik vergeet ons U gesag

en dan word die stormwinde vir ons te veel.

Hou asseblief ook oor ons gedagtes die wag."

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page