top of page

Dis een ding wat die mens nog nooit kon regkry nie en waarskynlik ook nooit sal vermag nie.  Om lewe te skep, dis die voorreg van God.  Lewe is dalk ook meer as net asemhaal, diere en selfs plante doen dit ook.  Maar om te lewe, doelgerig en 'n verskil maak, is 'n perd van 'n ander kleur.  Die sondeval het ongelukkig die potensiaal waartoe die mens in staat is, omver gewerp en die kroon van die skepping sou waarskynlik in vergetelheid verval het, as die Skepper nie ingegryp en herskep het nie.

 

                                 LEWE

 

God het klei uit die aarde geneem

en 'n mensegestalte het vorm aangeneem.

God se asem van lewe is gegewe

en die kleiliggaam, doods en koud

het begin asemhaal en gelewe.

 

Die mens het die keuse vir die sonde gemaak

en so ewige heerlikheid by God versaak.

Sy toekomsverwagting was nou die Dood, dreigend swart

en die mens, kroon van die skepping,

was gedoem tot ewige smart.

 

Die genadige God, vol liefde en altyd getrou

wou die mens vir Sy heerlikheid behou.

Hy het Sy Seun as offer gegee in ons plek

en die mens, eens bestem vir die ewige dood,

het 'n nuwe lewe in Christus ontdek.

 

God het Sy dissipel 'n heilige tempel gemaak

waarin die Heilige Gees Sy woning maak.

Die Gees laat ons na volmaaktheid strewe,

in dankbaarheid teenoor God, want ....

ons het oorgegaan van die dood na die Lewe.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page