top of page
As 'n uitvloeisel van 'n familielid se troue waarvoor ek voorberei het as Seremoniemeester. Ek het weer nagedink oor die betekenis van die huwelik en die beloftes wat daar gemaak word. In die geharwar van sulke seremonies en heeltemal verstaanbaar raak die ware betekenis dikwels verlore. Soms moet 'n mens maar net so bietjie eenkant gaan sit, oor die dinge dink en die ware betekenis vir jouself vasmaak.
TROUBELOFTE
JA !
aan almal wat my vra
of ek die toekoms saam met
hierdie persoon wil binnegaan.
JA!
want ek weet dat die Here
my sal dra as my geloof
dalk begin te taan.
JA!
want my Here se antwoord
was nog altyd : “ JA! “
op my bedes dat Hy
my in alles by sal staan.
bottom of page