Dis hoe dit alles begin het so ongeveer dertig jaar terug, my heel eerste vers. Ek het die nag wakker geword en vir 'n onverklaarbare rede aan Simon van Sirene begin dink. Of dit die nagevolg was van 'n preek wat ek gehoor het of 'n stuk wat ek in die Byel gelees het, weet ek nie. Ek kan net onthou dat die gedagte in my kop opgekom het en ewe skielik het een sin na die ander in my gedagtes opgekom en toe dit begin rym was die gort gaar. Ek was so bang dat ek die sinne sou vergeet dat ek kort-kort opgestaan het om dit te gaan neerskryf. Nodeloos om te sê dit het amper standaard gewoonte geword. Soms ontwikkel 'n gedagte spontaan en dit bly vir myself nog steeds onverklaarbaar hoe idees en gedagtes spontaan uit my onderbewussyn ontstaan. Hierdie een is 'n latere weergawe:
SIMON VAN SIRENE
"Simon, daardie dag het die Romeine jou nie gevra
maar teen jou sin gedwing om Jesus se kruis te dra.
Dat jy nie dié taak gewillig wou uitvoer nie, is gewis
maar uiteindelik moes jy maar in hulle wense berus.
Maar, wat het jy dan daardie dag daar gemaak
as jy nie die risiko wou loop om betrokke te raak?
Was jy dalk op die laaste deel van jou reis na die stad
en was toe maar toevallig op daardie tydstip daar in die pad
of miskien het jy reeds die vorige dag van die sensasie ervaar
en was toe daardie oggend net uit nuuskierigheid daar?
Of, was jy dalk deel van die skare wat geskree het: kruisig Hom
en daarom het jy toe spesiaal na Golgota toe gekom?"
Jou onwilligheid was dalk deels omdat jy die Romeine haat
maar ook dalk omdat die veroordeelde by jou toé geen emosie laat
Die kruisdra op sigself was nie vir jou 'n moeilike taak
maar ek glo nie jy wou enigsins by hierdie persoon betrokke raak.
Vir 'n sterk man soos jy was dit speletjies om die kruis te dra
maar toé het jy nie geweet wat Jesus se offer, ook vir jou, bedra.
Wat die werklike motiewe of feite toé ook al mag sy
van daardie dag af het jou naam onvergeetlik gebly
en ek dink tog daardie gebeurtenis het jou ten diepste geraak,
daarom dat die Apostels vermelding van Simon van Sirene maak.
Een ding kan jy weet, Jesus is nie gedwing maar het vrywillig gegaan sodat jy,
en ek, se name vir ewig in die boek van die lewe staan.
.