top of page

God was, is en sal tot in ewigheid wees.  Dis ongelooflik om daaraan te dink want om te verstaan dat God vir altyd was, is 'n onverstaanbare begrip.  Die feit dat Jesus na Homself as die Alfa en Omega verwys, is 'n allesomsluitende begrip.  Hy is die begin (en daar voor) en die einde (en daarna) soos 'n ewigdurende sirkel.  Ek dink dit is 'n begrip om vir ons as mense te laat verstaan dat God ewig is:

 

                   EK IS ... DIE OMEGA

 

God drie - enig sal na

die aarde se einde steeds regeer.

Ek en jy sal dan alle begrip

van tyd soos ons verstaan, negeer

want daar sal dan geen verlede,

hede of toekoms ooit meer wees.

Na die einde kom 'n nuwe begin

maar nooit weer 'n einde weer.

Vir verlostes wag oorvloed liefde

in teenwoordigheid van die Heer

maar onder die wraak van God

sal verlorenes elke oomblik vrees.

 

Vir God se bruid is dit 'n wonderlike begin

as die nuwe Jerusalem verskyn.

Vir sy verslane vyande sal die hel begin

as God sy lig laat verdwyn

en duisternis hulle vir ewig omvou.

Na die einde gaan ek en jy

'n nuwe naam van God ontvang.

Juig verlostes, eer die Lam

in aanbidding en lofgesang.

Kom Here Jesus, ja kom gou!

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page