top of page

Van kleintyd leer ons kinders van: "Liewe Jesus".  Op sigself is daar niks daarmee verkeerd nie want Jesus is inderdaad liefde.  Wanneer volwassenes nog steeds na Hom as "Liewe Jesus" verwys, raak ek net soms bekommerd of sodaniges werklik besef wie Jesus is en wat sy statuur is.  Na alles is Hy die Koning van die wêreld wat aan die Regterhand van God die Vader sit en aan wie alles en almal onderwerp is. Hoe dink ek en jy aan Hom?

 

                 JESUS CHRISTUS - VANDAG

 

Wat is die beeld wat jy jouself voorhou

as jy Jesus in jou gedagtewereld aanskou.

Met alles wat jy weet uit die Skrif en gepraat,

wat is die finale indruk wat Hy by jou laat?

 

Is Hy 'n fraaie baba in 'n krip in doeke toegedek

wat soos alle babas deernis in jou wek

maar onbewustelik dink jy aan hierdie kleinding

as  maar net nog 'n hulpelose suigeling.

 

Of dink jy aan Hom as die besondere profeet

wat ongelooflike wonders doen en oënskynlik alles weet.

'n Besondere mens aan wie jy veral begin te dink,

as redder,  wanneer sorge dreig om jou te verdrink.

 

Of sien jy 'n man moeisaam na Golgota strompel -

geslaan, verneder, deur die mense verag - oorrompel.

'n Patetiese figuur aan 'n kruishout - naak,

deur die wereld verwerp, van Sy God verlaat.

 

Nee, kind van God, kom aanskou nou jou Koning,

daar waar Hy nou is in Sy hemelwoning:

Sy gestalte is rysig, helderwit, skerper as die son,

dit is die nuwe beeld wat jy moet onthou van Hom!

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page