top of page

Maart 2020.  Die Covid virus draai die hele wêreld op sy kop.  Skielik is almal bewus dat jy kan doodgaan en 'n groot benoudheid pak almal beet.

​

                           COVID-19 GEBED

 

Selfversekerd, selfvoldaan, gedink beheer besit

die magtige mensdom tot in sy fondasie geskud

tiperend van mense nie meer of werklik in beheer

wie en wat word vir die aaklige gevolge blameer

die virus is meer as ʼn siekte, ʼn broeiplek van haat

heksejag, vingers wys, tonge wat venynig praat.

 

Siekte en dood elke dag nou amper gelate aanvaar

irriterende reëls en regulasies maak die lewe swaar  

onbevoegdheid, korrupsie en magsbehep is realiteit

heersers oraloor besig om die weerloses uit te buit

al sou jy gelukkig slaag om die virus vry te spring

die ekonomiese impak is besig om orals in te dring.

 

Begeesterd in die kerk saamgesing voor die vrees

laat ons lig helder skyn en salf vir die nasies wees

deur vrees word die diepste oortuiginge blootgelê

wat die wêreld sien Christene doen, wat hulle sê

as dit kom by kritiek, staan party voor in die koor

plaas van hoop en liefde net doemprofesie gehoor.

 

Wêreldlinge oë stip op die Kerk gerig in krisistyd

die owerhede vloek of seën ʼn Evangeliese besluit

gelowiges kan saam in die kring van spotters sit

of in diepe afhanklikheid eendragtig vir almal bid

gebede nie net vir ons eie mense se behoeftes vra

die nou tyd om veral vir vyande in liefde op te dra.

 

Die saligsprekinge op die berg nie eintlik van pas

ou wrokke floreer nou, volk teen volk, ras teen ras

Here, hierdie kruis is swaar, ons strompel en swig

help in hierdie stryd, ons oë deurentyd op U gerig

Vader, Vriend en Vennoot laat U gemeente herlewe

laat U Koninkryk kom, U wil geskied is ons strewe.

                        

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page