Hierdie vers gaan hand aan hand met die een oor sondebewustheid. 'n Mens kan vir baie ander, selfs die wat nie naaste aan jou is, lieg en jy kan probeer om dit teenoor jouself te doen maar jy gaan nie lank daarmee wegkom nie. Kyk in 'n spieël na jouself en praat met jouself, dan kom die waarheid na vore:
WEERKAATSING
Ek kyk in my spieël en sien die beeld wat vriendelik na my staar
en ek wonder verbaas hoe kan iemand dink hierdie persoon is ‘n moordenaar.
Die oë wat sonder skuheid of skuld reguit, vierkantig in myne kyk,
getuig dit is onmoontlik dat ‘n skelm of dief ooit so kan lyk.
Die liggaam hier voor my het nog nooit ‘n medemens onteer
en dus kan die gestalte maklik reinheid en vroomheid simboliseer.
Terloops, om hierdie prentjie van goedheid volledig af te rond,
kan ek net noem – ook my gesinslede is onbesproke en geestelik gesond.
In ons gemeente word ons deur almal geëer en hoog geag,
mense sal vrymoedig getuig van ons standvastigheid en innerlike krag.
Alles in ag genome, as ek my beskeie opinie op wil som,
moet ek ‘n bogemiddelde kans hê om eendag in die Hemel te kom.
Twyfel bly egter gedurig my gemoedsrus versteur –
op een of ander rede bly predikante altyd die Woord anders interpreteer.
God sien nie die selfvoldane spieëlbeeld raak,
Sy oë priem deur die blink oppervlakte, daar waar ek gedagtes maak.
Deur elke daad waar ek myself bo my medemens verhef, deur doen of sê,
word my diepgewortelde haat en nyd blootgelê.
Ek sal inkomste verswyg en uitgawes verdraai maar nog die Kerk, nog die Staat betaal ek te veel
maar besef ek dat ek so my Hemelse Koning en die na Sy goeddunke oor my aangestel, besteel.
Om 'n braaivleisvuur word dilwels skurwe grappe: " het julle al hierdie een gehoor " smaaklik oorvertel
"maar elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds egbreek gepleeg "het Jesus dit omonwonde in Sy bergrede gestel .
Ek sien my graag as die perfekte pa en my vrou se beste maat -
maar is dit wat ek werklik sou hoor as my gesinslede uit hulle harte sou praat.
Sou ander mense nog steeds iets goeds oor my karakter en integriteit wou sê
as hulle insig in my diepste geheime en gedagtes sou hê.
Met hierdie perspektief kan ek nou nie anders as om self die vreeslike oordeel te vel:
"Daar is definitief nie plek in die Hemel vir hierdie onheilige siel , sy verdiende loon
is ewige verlorentheid in die Hel."
Reddeloos, radeloos, van myself en alle pretensies gestroop,
lei die Heilige Gees my na Golgota en my enigste Hoop.
Nou kyk God nie meer direk na my
maar word ek gespieël in die enigste Beeld van alle sonde vry.
Tussen moordenaars - nie net langs maar ook voor en agter Hom het die Lewe sondaars met God versoen.
Daar het Hy gesê: " Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen. "
Nooit het Hy 'n tolpad vermy want dit was daar waar Hy sondaars kon kry
en met 'n heidense muntstuk in Sy hand het Hy verklaar: " doen jou skuld aan die Keiser gestand. "
Strydig met die gebruike van die dag het Hy vrouens hoog geag en eerder as Hom
deur prostitute te laat verlei het Hy hulle van hulle sondes bevry.
Al was Hy altyd besig met die dinge van Sy Hemelse Vader
het Hy nooit Sy moeder, dissipels of kindertjies vermy as hulle tot Hom nader.
Streng gesproke moes Hy slegs in die hoogste kringe beweeg en met konings gesels
maar Hy, die Hoogste Koning het eerder vuil voete gewas en onrein melaatses omhels.
Sy vyande het Hom probeer beskuldig en beswadder as 'n sondige man
maar uiteindelik moes selfs Pontius Pilatus erken: " ek vind geen skuld of sonde in hierdie man. "
So sien God my ook nou rein, sonder sonde of smet.
Om my Verlosser Christus dankbaar na te lewe, is nou die grootste dryfveer en begeerte wat ek het.