top of page

'n Kollega wat oor die jare wat ons saamgewerk het ook 'n goeie vriendin geword het, het saam met haar gesin na Australië emigreer.  Uit die aard van ons goeie verhouding het ek die aanloop, die voorbereiding en die uiteindelike emigrasie saam met hulle beleef.  Emigrasie is 'n baie truamatiese gebeurtenis en dit beinvloed almal wat daarby betrokke is, direk of indirek.

                

                           EMIGRASIE

 

Winde van veran’dring het nog ʼn slagoffer ge-eis,

hierdie land was eens vir ons Eden,  ʼn paradys.

Maar strewe na mag het sy lelike kant gewys,

die toekoms is nou elders, glad nie meer hier by die huis.

Jou weggaan het ons oor afstand en van tyd geskei,

die Oostewind het jou opgetel en weggewaai.

Nou soek ek jou om elke hoek en draai:

Waar is jy?  Dierbare vriendin van my.

 

Wortels is uitgetrek en die boompie oorgeplant.

Die wind het woes gewaai en die son brandend geskyn,

die blare het verwelk en die  lewensglans verdwyn.

Die boompie het agteruit gegaan in die nuwe land.

Jou weggaan het spanning gebring en ek het swaargekry,

die Oostewind het jou omgerol en rondgewaai.

Ek hoor jou roep om elke hoek en draai:

Ek weet jy ly!  Dierbare vriendin van my.

 

Ek wil  jou vasdruk en troos maar jy’s buite bereik,

ek het gebid dat die Here jou vrede sal gee.

Hy het die stofpad saam met jou geloop tree vir tree,

die opdraande is verby,  jou pad vorentoe gelyk.

Jou weggaan is vir my versag en ek het rustigheid gekry,

die Oostewind het jou neergesit en ophou om te waai.

Oor die eter heen is jy nou net om die draai:

Jy is nou vry!  Dierbare vriendin van my.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page