2018. Stefan Joubert lewer 'n skitterende preek wat my onder my omstandighede op daardie tydstip baie sterk aanspreek. lewe nou, verger oor die bekommernisse van die toekoms - koop die tyd uit. Hy beklemtoon dat die Here self met Sy skepping dit een dag op 'n slag gedoen het. Insgelyks, sorg hy vir die Israeliete 'n dag op 'n slag. Die les vir ons, vertrou op die Here vir die oomblik van nou, niemand weet war vorentoe wag nie, moenie daaroor bekommer nie.
DIE NOU VAN VANDAG
Na wakker word van gisternag
begin vanoggend eers vandag
gister se ervaringe is nou verlede
fokus net op vandag, dis die hede
môre se dinge moet nog gebeur
wat dán wag weet net die Heer.
Vanmiddag reeds toekoms wat wa
lewe nou, net een tree op ʼn slag
vanaand so oneindig in verskiet
tydmors om enige aandag te geniet
môre, weke, maande om dalk te kom
koop die tyd uit VANDAG met Hom.
Ewigheid is die tydritme van die Heer
tog toe hy skep was dit net ʼn dag op ʼn keer
dit was aand, dit was môre, die eerste dag
die volgende een sou tot môre moes wag
intussen het Hy welbehaaglik geniet
die mooi en goed vir daardie dag gebied.
In die woestyn is Israel met manna gevoed
opgetel net genoeg vir daardie dag bly goed
Jacobus het die selfversekerdes vermaan
dat spog oor môre op wankelbene staan
Deo Volente as dit die wil is van die Heer
slegs dan sal dit of dat beplan so gebeur
Kyk rondom en aanskou Sy handewerk
laat dit telkens jou geloof in Hom versterk
in diep waters bevind of in verterende vuur
maar nooit alleen gelaat in die moeilikste uur
vandag, die oomblik goed of sleg as dit hede is
prys die Heer dat Hy altyd Immanuel is.