top of page

So 'n eeu terug was dit hoogmode om prente teen die mure te hê met die woorde (in Hollands): "Wat is een huis zonder een moeder" of "Wat is een huis zonder 'een vader".  By my ouma het so 'n prent teen die muur gepryk.  Saans, as 'n mens bed toe gaan en die lig van die olielamp so teen die mure flikker, het daardie prent altyd my aandag getrek.  Ek dra dit graag op aan:

 

                       AAN MY VROU

 

Die heilige waarheid in 'n enkele sin vasgevang.

Verkondig deur 'n swaaromraamde teks

wat teen die blommetjiesmuurpapier

van die slaapkamer hang.

Aktueel , herinnerend word die vraag

in gekrulde sierskrifletters gevra:

 

                      WAT IS 'N HUIS

                      SONDER 'N MA ?

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page