top of page

 Jesus het baie gelykenisse vertel waar skape en skaapwagters of herders 'n leidende rol gespeel het.  Dis te verstane teen die plattelandse agtergrond waarteen sy eie lewe afgespeel het.  Hy het Homself ook as die goeie Herder beskryf wat vir die skape in Sy sorg omgee, tot so 'n mate dat Hy bereid was om Sy lewe vir hulle op te offer.  As een van Sy skape verlore raak, aanvaar Hy dit nie gelate nie,Hy gaan hom - wat 'n wonderlke troos vir ons - Romeine 8 verwys daarna dat niks of iemand ons ooir van die liefde vanGod kan skei

 

                                SKAPE

 

Die eienaar het sy kudde toevertrou

aan ʼn herder wat hulle as sy eie beskou

hy ken elke skaap op sy eie naam

dag en nag leef hy met hulle saam.

 

Hy lei hulle na weiding en water waar

daar oorvloed is en hy kyk uit vir gevaar.

Snags word hulle in ʼn skuiling gesit

veilig teen weer en teen ondiere beskut.

 

 Å‰ Honderd skape het gaan wei

in die groen gras van veld en vlei

nou net nege en negentig in die kraal

want een het ongemerk êrens afgedwaal.

 

Alleen is die dier kwesbaar in die nag

roofdiere en klimaat onheile wat wag

die herder los die ander klomp nét daar

gaan soek die een blootgestel aan  gevaar

 

Soek op afdraaipaadjies naby en ver

ore gespits vir ʼn roepende geblêr

van die verlorende in berg of dal of bos

eensaam, sonder water en sonder kos

 

Geen moeite word deur die herder ontsien

om redding aan die skaap te voorsien

hy fynkam die veld, rotse, elke skeur

hy roep die dier op naam  weer en weer.

 

Dan, as hy sy skaap uiteindelik vind

troetel hy die moeë dier soos ʼn kind

dié word opgetel en op sy skouers gedra

kan iemand vir meer liefde as dit vra.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page